Uitreike

Matteus 28

"Gaan dan na al die nasies toe en maak die mense my dissipels: doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees, en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het. En onthou: Ek is by julle al die dae tot die voleinding van die wêreld." 
Kandelaar Studentegemeente is 'n sending-gedrewe gemeente, wat daarna streef om disippels van Christus te wees en so ook Sy boodskap met die wêreld te deel-die wêreld naby aan ons, asook die wêreld bietjie verder weg.
Ons vat graag hande met sendelinge en bedieninge reg oor die wêreld.  

Uitruike sluit onder andere in:
Botswana, Namibië, Frankryk, België, Sri Lanka, Makhatini, Riemvasmaak en die Bosveld.

Ons het ook jaarliks verskeie stranddiensspanne gedurende die Desember vakansie:
Mosselbaai, Melkbosstrand, Buffelsbaai, Jeffreys Baai, Pearly Beach, en Swartvlei.