Welkom by Kandelaar

Kandelaar is 'n studentegemeente wat bedien onder die studente van Potchefstroom. Ons hart is om studente te help om te ontdek wie God sê hulle is. Ons sien onsself as dissipels wat saam op pad is in ons studentejare en dit voluit leef in die wêreld.

EREDIENSTYE

Sondae om 18:00 & 19:15

Wat om te verwag?

Ons eredienste is gewoontlik om en by 60 minute lank. Ons het 'n band wat ons praise & worship lei. Ons drink saam koffie na die 19:15 erediens.

Kontak Ons

Ons is SO bly jy is hier. Ons wil graag van jou hoor en jou help om by die gemeente in te skakel. Vul hierdie vorm in as jy nuut is in die gemeente en betrokke wil raak!